GENEVA EMAILS

Unfortunately the contents of this page is in Afrikaans.

Vir die van julle wat Afrikaans kan lees…. Krap gerus rond in die “cyber” blaaie van my 6 maande in Geneva !! Ek het nog nie die mails opgelaai nie, maar sal dit spoedig doen.

*************************************

MY EERSTE SNEEU !!
Dit sneeu flippen baie en dis soooooo cool !!!
Ek stap nou net by die werk in 09:59 want ek moes eers in die sneeu gaan speel het, my baas is gelukkig moerse nice en smile net – al wat jy sien is tande.
So sit ek vanoggend in die trem, nou wat ek ‘n trem kaartjie gekoop het kan ek lekker rustig sit en saam met Enrique sing en my kop soos ‘n ou malle op die maat van die musiek skud. By my huis lyk als normaal – wel behalwe dat beide ek en Betty die snuffels het, en vanoggend in ons pink en blou pajamas die Viral Guards wat my ma gestuur het in die kombuis staan en pop het. Anyway – 10 minute later in die trem rit kyk ek by die ruit uit en dit is net wit. wit wit wit. Dit is awesome !!!!!
En blondie het nie haar kamera nie (try bietjie ligter lewe en nie so baie saamsleep nie – stupid idee, anyway) Ek hol toe by my ex- supervisor in (sien ek word nou gemanaged nie gesupervise nie – die UN system sal nog op die harde manier leer dat ek ter alle tye beide gemanaged en gesupervise word) Ek gryp Anastasia se kamera en Marco een van die 25 jarige interns en daar gaat ons park toe. Gotta love young intern boys.
Ons het ‘n sneeu fight gehad en met suit, boots en all het ek in die sneeu gerol en 40 minute later by my kantoor ingestap. More double ek my viral guard doze.
By the way – ek weet nou hoekom pikkewyn so wiggle waggle stap …. anders gly jy jou gat af !!!
Sodra Anastasia die cable vir haar kamera gevind het sal ek die fotos vir julle stuur. Ek weet nie hoe ek gaan werk vandag nie. Al wat ek buite sien is die sokker veld wat spierwit is en die sneeu val nogsteeds !! Hulle se dit gaan vir nog ‘n paar dae sneeu !!!

********************************************************

Hier volg ‘n mail wat ek sopas aan my familie gestuur het… net soos dit is, ek tik soos ek dink en kliek “send” voor ek kan soek vir spelfoute en nog meer….

Hierdie mail is half update half hardop dink. Lees as julle lus of tyd het.
Brand – ek moet bieg, hierdie hele email speel af in ons gunsteling Kaohsiung koffieshop. Jy met jou sigaret, beide van ons met Apple Cinnamon tea en sjinese wat ons aanstaar want ons lyk nogsteeds vir hulle vreemd.
Ek was nie van plan om veel meer te se oor die donkerkop man wat my uitgesoek het by die 2de handse vlooimark nie, wat kan ek nou se – ek ken die man skaars. Maar toe begin dink ek oor die mense in ons lewens, hoe jy nuwes ontmoet (dis nou nie asof ek met ‘n lae halstop in ‘n bar was toe ek hom leer ken het nie – dit was ‘n dood onskuldige outing by ‘n mark) en meer belangrik hoe ons mense “screen”
Waarop baseer ons ons vriendskappe en verhoudings. Hoe kies ons, ons pelle en hoe kies hulle ons. Hierdie hele email is aangevuur deur die artikel wat hy geskryf het en ek sopas op die internet gelees het – dit het my laat besef dat daar soms baie baie meer in mense steek as wat ons besef. Meer as wat ons ooit sal weet. Waar kom hulle vandaan, hoe het hulle groot geword, geloof kultuur en en en…
As ek mense ontmoet –  en dit is ‘n dood natuurlike reaksie om te verhoed dat EK nie seer kry nie –  screen ek hulle, jy kan dit judge ook noem nes jy wil. Maar mees belangrikste gaan ek op my gutt feeling. Die klein stemmetjie in jou kop sal vinnig vir jou se – hier moet jy eerder wegbly. Die eerlike waarheid: Daai stemmetjie was al menig male reg, ek het dit nog altyd gehoor en bloot gekies om nie daarna te luister nie. Is ek spyt ek het nie na die stemmetjie geluister nie? Eerlike waarheid: Nee. Al het dit gepaard gegaan met trane, seer wat altyd bly sit, is dit hoe jy leer – en besides – van die mense wat my al die seerste gemaak het, is die waarvoor ek die liefste was en altyd sal bly.
Nadat ek dus op my gut reageer – is die volgende proses om te screen. Screen vind plaas in baie vorme, ek byvoorbeeld heg baie waarde aan hoe iemand waiters hanteer, of die ou wat jou kar oppas, die een wat blomme by die tafel kom verkoop….. Jy kan my soos ‘n prinses hanteer maar ou pellie hanteer jy die waiter, blomverkoper of car guard met net effe minder respek – kan jy maar vergeet. Dit is jou einde. So eenvoudig soos dit.
En dan kom waardes in die prentjie. Wat is vir jou belangrik, waarin glo jy, hoe leef jy jou lewe, wat gaan in jou kop aan en waarop is dit gebaseer. Nou dit is hier waar ek besef dit interressant en moeilik raak. Want hoe weet mens dit, hoe meet en weeg jy dit? Ek persoonlik het altyd, altyd my ma en my Ouma in my agterkop as dit by mans kom. Wat sal my ma en my Ouma van hom se. Nou selfs hier – met alle respek is daar ‘n groot gaping tussen dit wat my ma as ok sien, en dit wat my Ouma as ok gesien het. En bless arme Ouma vir wie ek selfs aan Lozy Lozy voorgestel het.
En dan is die gaping tussen dit wat vir Ouma ok sou wees soveel groter as wat vir my ok is… weereens Mr Lozy Lozy as voorbeeld. Maar tog, my ma en my Ouma is (en Brand hier steel ek jou uitdrukking) die “source” van my waardes. Hoe ek groot geword het kom van hulle af – dit wat hulle my geleer het. En nou nog pas ek dit toe, dit het my Ouma regtig baie lank gevat om my te laat verstaan wat dit beteken om die minste te wees, en nou verstaan ek dit al – maar sukkel ek nog om dit toe te pas – maar dit is erens deel van wie of wat ek is.
Toe gaan ek Taiwan toe – en soos ek al baie gese het – al hoe ek daar kon survive was om te laat gaan van my Suid Afrikaanse comfort zones. Maar die ergste was, om terug te gaan SA toe – want toe moes ek die hele proses reverse. Behalwe die keer wou ek nie. En so gaan mens aan met jou lewe, ontmoet jy mense, doen jy dinge en en en … later eindig jy in die hart van internasionale instellings op waar jy op ‘n daaglikse basis blootgestel is aan mense van ooral. Ooral beteken, ander kleur, geur, ras, geloof, land, geskiedenis …. mense met ander ma’s en Ouma’s as joune en mense met ‘n ander “source” –
Wat maak jy? Sosialiseer jy net met die wat min of meer dieselfde source as jy het? Die wat weet wie Steve en die Blou bulle is – of waag jy dit om die wie se van Al Haddad of Aliassi, Athanassio, Quibes en en en beter te leer ken?
Wat maak jy met die wete dat jy dink jou Ouma sou nie heeltemal gemaklik gewees het met die feit dat jy met ‘n Al Haddad of ‘n Hussein for that matter by die huis kom? Of kinders wat Afrikaans en Arabic praat nie? Gaan jy terug na die Steve’s en die Van der Merwes, Van Aswegen en De Waals want hulle kom min of meer van dieselfde source as jy – of is dit ok meer gemaklik te wees met ‘n Al Haddad as ‘n Van der Merwe?
En wat as jy op ‘n dag besef, jou source bly jou source – maar nie net geniet jy om meer te weet van ander nie, jy kan hulle herkoms in ‘n mate begryp en verwerk – en werklik, as ek met Rabih Al Haddad kuier is dit asof ons by dieselfde kerkbasaar pannekoeke bak.  En ek het eendag vir hom gevra – wat dink jy beteken “nationality”  (Omdat so baie mense hier Swiss Nationality het na jare. Betty byvoorbeeld is beide swiss en Peruvian. Maar watter een is die een op jou paspoort en watter een is die een in jou hart?
Elz, jy se altyd jy is op verkeerde kontinent gebore – en ek verstaan dit. Ek sal altyd altyd ‘n Suid Afrikaner bly, en ek is werklik trots op my land, maar ook is daar ‘n stukkie sjinees in my – en sal ek my liefde vir die Ooste vir niks verruil nie. Is ek 100% Suid Afrikaner of bietjie van alles – is my source braaivleis of is dit ok as meer daarvan hou om met chopsticks te eet?
En dit bring my terug na die mense wat oor ons paaie kom – is die manier hoe ons hulle soms screen reg? Of moet ons bloot eenvoudig onthou dat terwyl ek en my broer in Waenhuiskrans se branders gespeel het, Rabih, sy suster, ma en pa in bomskuilings was. Hoe sy ma soms nie huis toe kon kom van die werk nie want die militia het haar voorgekeer en gevra watse geloof sy was? En hoe Timoor Aliassi, nou swiss oorspronklik Iranian ‘n artikel geskryf het titled: “One man two cultures”  – nadat hy en sy familie refugee status gekry het in Switzerland (hy en sy vrou is intussen geskei) , hoe hy nie weer Iran toe mag gaan nie, en hoe sy source verander het na 24 jaar in exile van sy geboorte land….

No Comments (yet)

Leave a Reply